Newsletter
IEASA North / Noord
Institute of Estate Agents of S.A. -North / Instituut van Eiendomsagente van S.A. -Noord
IEASA North
IEASA North
proud to be South African
BI-Annual Chairperson's IEASA North Overview (Afrikaans)


Beste IEASA Lede,

Met reeds 6 maande agter die rug na die Algemene Jaarvergadering 3 November 2005 is dit vir my aangenaam om aan julle in opsomming die aktiwiteite oor te kan dra.

Na die eerste vergadering 17 November 2005 het die nuutgekose Direksie besef dat daar ongelooflik baie take is wat verrig moet word. Na heelwat ontledende oefeninge het die Direksie op die volgende doelwitte besluit:

1 - Streng Korporatiewe Bestuur
2 - Die oprigting van Area komitees in Pretoria streke- Noorde,Ooste,Ou Ooste,Moot,Suid plus die platteland Pietersburg, Rustenburg, Nelspruit en Witbank
3 - Lede werwing
4 - Adminstrasie van ons Noordstreek kantoor op te gradeer
5 - Uitstaande opleiding aan te bied en te verbeter en nuwe kursusse, op IEASA lede versoek, in te bring
6 - Die buite reklame borde situasie te ondersoek en reg te stel

Onder die wakende oog van Dr Willie Marais, as Noord Streek se Councillor en sopas ook gekies as Vise-Presedent van IEASA Nasionaal word die bestaande IEASA Konstitusie tans aangepas en oorgeskryf.

Onder leiding van Dieter Schmidt - Direkteur-Areas Komitees - is reeds Area Komitees in Pretoria gestig. Voorsitters in die verskeie streke is:
- Suide: Christine Kruger,
- Moot Oos: Daleen Beukes,
- Noord Oos: Chrys Haitas,
- Noord Wes: Victor Scherman,
- Moot Wes: Wilhelm Stein,
- Ou Ooste: Corlia Goris,
- Nuwe Ooste: Fanie Booysens,
- City CBD and West : Jerry Rakgosi.
Die entoesiame van hierdie leiers is aansteeklik en die resultate reeds sigbaar. Ledetal het reeds met 32 maatskappy gegroei en groter getalle word verwag. Daar is verder suksesvol in Pieterburg 'n komitee gestig oner leiding van Maryna vd Merwe. Die ander plattelandse streke sal binne die volgende 4 weke ook kan spog met verteenwoordigende komitees.

Funksies beloof om 'n fees te wees onder die leiding van Direkteur Margie Pienaar, bygestaan deur Direkteur Chrys Haitas en Loraine Steyn wat al die kantoorsake en admin sal hanteer. Margie Pienaar beplan reeds met haar span die IEASA Jaarlikse Toekenningsaand (18 Augustus), Lentetee (13 Oktober ) en Instituutdag ( 17 November). Die gholfdag 9 Mei met 88 golfspelers het puik verloop en het wye belangstelling uitgelok.

Direkteur Bully Smit staan Dieter Schmidt by in die Buite Reklame wat ernstige aandag vereis. Dieter Schmidt het 'n onverbeterlike elektroniese stelsel ontwikkel wat hierdie borde saak kan moniteer. Prinsipale sal elektronies van oortredinge inkennis gestel word en IEASA lede sal die puik en ernstige monitering sien.

Finansies word deur Voorsitter Rothea Olivier en Direkteur Bully Smit bestuur. Finansiele jaar het geeindig 31 Maart 2006. Die jaarstate is reeds opdatum en gaan deur na BDO Spencer vir 'n oudit. Op die Algemene Jaarvergadering 30 Augustus sal die finansiele state gereed wees vir IEASA lede se insae.

Direkteur Chrys Haitas het reeds verskeie artikels onder die IEASA vlag geplaas. Onder haar leiding is die IEASA webwerf geskep wat elektroniese kursusinskrywings vergemaklik. Die webwerf bied baie vir IEASA lede oa die opleidingsonderwerpe en datums, funksies, nuusbrief, dokumentasie ens. Besoeke gerus IEASA se webwerf by www.ieasanorth.com.

Etiese sake en moontlike verhore word hanteer deur Direkteur Diane Svec. Nog geen tribunaal verhoor het hierdie jaar plaasgevind nie. Diane Svec het telkens daarin geslaag om die dispuut aan te spreek tot 'n verstandige oplossing.

Opleiding word versorg deur Rothea Olivier met hulp van Diane Svec. Kursus bywoning wat aanvanklik laer was het sterk verbeter en kursusgangers, vogens die evaulasies, geniet die kursusse. Die Raadseksamens en sakrekenaarkursus word weer deur alombekende Advokaat Louis Taljaard aangebied vanaf Julie 2006. Prof Henk Delport is terug en bied 28 Julie 2006 LEGAL UPDATE aan. Kry al die besonderhede op die IEASA webwerf.

SPESIALE C R S kursus, aangebied deur die bekende Amerikaner ED HATCH -moet julle nie mis nie. Betaal die kursus met jou StanRands, eBucks of My Reward meriete punte. Die CRS toekenning is die hoogste kwalifikasie wat 'n agent kan verwerf. Maak 'n verskil ... word 'n CRS eiendomsagent !! Jy skuld dit vir jouself!

Die IEASA kantoor het ook verhuis na die nuwe adres te Hillcrest Office Park, net om die draai van Duncanstraat in Lynnwoodweg. Die IEASA kantoor is goedgelee en kursusse word daar aangebied. Op die 25 ste Mei word prinsipale/top agente genooi na die IEASA kantoor om deel te neem aan die nuwe kriteria samestelling- en 'n in diepte bespreking. Nuwe reels gaan saamgestel word met onmiddelike effek. WEES DEEL DAARVAN !! Bespreek by IEASA kantoor. Ons sluit die werksseminaar af met 'n skemerkelkie.

Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om julle almal nou reeds uit te nooi na die Algemene JAARVERGADERING op 30 AUGUSTUS 2006. SMS en e pos sal u betyds bereik. Hou die webwerf dop! Daar gaan ongeveer 5 vakante Direkteursposte wees- Nomineer jou keuse persoon en wees teenwoordig. Bring jou stem uit op die AJV 30 Augustus. Jou deelname kan 'n verskil maak.

Tot ons mekaar weer sien my allerbeste wense aan jou.

Sukses met jou verkope en dankie dat jy 'n waardige ambassadeur vir ons professie is.

Eiendomsgroete

ROTHEA OLIVIER




copyright 2009 IEASA North | Web Driven by ExplorIT